Hi almal
Ek is soooooo besig by werk-vat omtrent nie grond nie.!! Ek probeer maar om almal se blogs net so vinnig deur te lees net om te sien of almal nog op en wakker is!!!!
Ek wil by julle hoor??? Wat is `n man se bedoeling om baeeee geld vir `n vrou te gee(wat net so oud is soos sy oudste dogter amper) wat hy nie eers ken nie? Ek bedoel, hulle gesels maar so af en toe want elke een het sy eie lewe en elke een het iemand in hul lewens. Maar die een dag was hulle toevallig alleen en ewe skielik sê daardie man sulke voorstelle.!
Hy sê daar is geen by bedoelings nie! Maar is dit nie juis waar die probleme kan begin sou die vroutjie die geld aanvaar nie???? Wat gaan deur `n man se kop as hy sulke dinge aan `n vrou voorstel???
Laat my weet wat julle dink seblief. Dalk was een van julle al in so `n situasie….!!!
Lekke Dinsdag middag!!!!

Kommentaar